NG Kerk Upington-oos

Ons

Geskiedenis

NG Kerk Upington (Moedergemeente)

Dit was die eerste gemeente te Upington en is gestig op 19 September 1893.

Eerwaarde Schröder, was ‘n sendeling ,wat werksaam was onder die Korannas, wat vanaf Amandelboom(Williston), deTuin asook Schietfontein(Carnavon) hierheen verhuis het.

Hy het die Ringskommissie, van die Ring van Beauford-wes, die gemeente van Upington help stig. Die Upington nedersetting en gemeente, was buite die grense van die Kaapkolonie en enige ander bestaande gemeente in Korannaland (Later bekend as Brits- Betsjoeanaland) geleë;dus is die Upington gemeente nie van ‘n ander gemeente afgestig nie en kon ook nie in die eerste paar jaar by ‘n ring ingelyf word nie. Gevolglik sou Upington se leraar, net ‘n ereplek op die Ring van Beaufort-wes, se sittings kon innneem. Die eerste lidmate van die gemeente Upington was pioniers, net soos die inwoners van Transvaal en die Vrystaat, waar ook van tyd tot tyd, sulke selfstandige gemeentes gestig is.

In November 1895 is die distrik Gordonia saam, met Brits-Betsjoeanaland aan die Kaapkolonie geanekseer , eers daarna is Upington gemeente as lid van die Ring van Beaufort-Wes verklaar. Daarna is Upington se eerste NG predikant,Ds AGT Schoevers, hier in sy eerste gemeente bevestig.

Op 8 November 1916 het Upington hul eerste dogter gemeente afgestaan, met die afstigting van Keimoes gemeente.

Ds PAC Weidemann, is op 25 September 1926, in die Upington gemeente bevestig . Hoogtepunte van Ds Weidemann is die afstigting van die NG Kerk Grootrivier (Louisvale) Die oprigting van die skoolkoshuis Askham 1927, Askham Kerksaal 1939, Kerksaal Witkop(Springbokvlei) 1940 asook Kerksaal Kalksluit 1941.

Onder leiding van Ds CJ Bekker asook EC Gouws word NG Kerk Upington -oos, wat eerste dorpsgemeente, is afgestig.

Die stigtingsdatum van die nuwe gemeente was 14 November 1952. ʼn Bruidskat van £7000 is aan die Upington-Oos gemeente betaal. Ds CJ Bekker, van Upington is die konsulent in die tyd na afstigting , wat toesien dat stigting ordelik verloop.Op 3 Junie 1953 word die eerste predikant nl Ds HC Brunette verkies tot die nuwe gemeente.

Die finale planne vir die bou van ʼn tweeledige Kerksaal word goedgekeur en tender van £4997 word aan Roux en Nel bouers toegeken.ʼn Kerksaal in Keidebees word intussen gebruik vir Kerkdienste. Op 21 November 1953 word die hoeksteen deur die nuwe Predikant, Ds HG Brunette gelê.

Intussen is besluit, op vergadering gehou 21 Jan 1953, om die huis van Mej Gertruida Helena Christina Strauss vir ʼnbedrag van £3900 te koop as pastorie vir die nuwe predikant. Die eiendom is geleëop erf Nr 1252.


Gemeente Samestelling


Alle Predikante van NG Kerk Upington-oos

Dr. DL. van Niekerk | NG Kerk Upington-Oos

Dr. DL. van Niekerk

24 Mrt 1984 – 31 Des 2016

Ds. PW. Maritz | NG Kerk Upington-Oos

Ds. PW. Maritz

14 Aug 2006 – Jul 2012

Ds. HJ. Strydom | NG Kerk Upington-Oos

Ds. HJ. Strydom

14 Aug 2001 – 9 Apr 2006

Ds. EP. Vivier | NG Kerk Upington-Oos

Ds. EP. Vivier

25 Jul 1981 – 31 Mrt 2005

Ds. PA. du Toit | NG Kerk Upington-Oos

Ds. PA. du Toit

6 Okt 1997 – 2 Jul 2000

Dr. PJJ. van Zyl | NG Kerk Upington-Oos

Dr. PJJ. van Zyl

Apr 1995 – Jun 1997

Ds. AC. Loubser | NG Kerk Upington-Oos

Ds. AC. Loubser

24 Jan 1988 – 27 Nov 1994

Ds. B. Ludik | NG Kerk Upington-Oos

Ds. B. Ludik

Jan 1984 – Mar 1985

Ds. LF. du Toit | NG Kerk Upington-Oos

Ds. LF. du Toit

Jan 1981 – Nov 1983

Ds. C. Strydom | NG Kerk Upington-Oos

Ds. C. Strydom

1981 – 1984

Ds. AP. Potgieter | NG Kerk Upington-Oos

Ds. AP. Potgieter

1974 – 1981

Ds. A. Van Jaarsveld | NG Kerk Upington-Oos

Ds. A. Van Jaarsveld

1972 – 1981

Ds. FP. Du T Gertenbach | NG Kerk Upington-Oos

Ds. FP. Du T Gertenbach

31 Mrt 1967 – 26 Mrt 1972

Ds. GW. Painter | NG Kerk Upington-Oos

Ds. GW. Painter

18 Feb 1961 – Jun 1966

Ds. EC. Gouws | NG Kerk Upington-Oos

Ds. EC. Gouws

6 Sep – 6 Nov 1960

Ds. HC Brunette | NG Kerk Upington-Oos

Ds. HC Brunette

29 Aug 1953 – 4 Mei 1958